af.wikipedia.org

Eendvoëls - Wikipedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

(Aangestuur vanaf Anatidae)

Eendvoëls
Fluiteend (Dendrocygna bicolo)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:

Anatidae


Vigors, 1825

Anatidae of eendvoëls is die biologiese familie wat die eende en meeste eend-agtige watervoëls soos ganse en swane insluit. Die ekstergans (Engels: magpie-goose) word nie meer as deel van die Anatidae beskou nie en word in 'n aparte familie, Anserannatidae, geplaas. Die familie bestaan uit voëls wat aangepas is om te swem, op die oppervlak van water te drywe, en in sommige gevalle minstens in vlak water te duik. Hulle het gewebde pote en snawels wat tot 'n mindere of meerdere mate plat geword het. Danksy spesiale olies skud hulle vere water uitstekend af. Dons, eend-, see-eend- en gansvere is lank reeds gewild vir donskomberse, kussings, slaapsakke en jasse. Die lede van die familie word ook reeds lank vir voedsel gebruik. Terwyl die status van die Anatidae as 'n familie voor die hand liggend is, en daar weinig debat is oor watter spesies behoorlik daaraan behoort, word die verwantskap tussen die verskillende sibbes en subfamilies daarin swak verstaan.

  • Knobbeleend (Sarkidiornis melanotos)

    Knobbeleend (Sarkidiornis melanotos)

  • Chileense fluiteend (Anas sibilatrix)

    Chileense fluiteend (Anas sibilatrix)

Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.