af.wikipedia.org

Ansel Adams - Wikipedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Ansel Adams

Ansel Adams, omstreeks 1950

Gebore

Ansel Easton Adams


20 Februarie 1902
Sterf22 April 1984 (op 82)

Monterey, Kalifornië

NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
BeroepFotograaf en omgewingsbewaarder
EggenootVirginia Rose Best
Ouer(s)Charles Hitchcock Adams
Olive Bray Adams
Handtekening

Ansel Easton Adams (* 20 Februarie 1902, † 22 April 1984) was 'n Amerikaanse fotograaf en omgewingsbewaarder wat veral vir sy swart-wit fotografieë van landskapstonele in die Amerikaanse Weste, veral die Yosemite Nasionale Park, bekendheid verwerf het. Een van sy mees befaamde fotografiese werke was Moonrise, Hernandez, New Mexico.

Saam met Fred Archer het Adams die sogenaamde sone-stelsel (Engels zone system) ontwikkel, 'n metode om die regte beligting van 'n foto te bepaal en die kontras van die gedrukte foto aan te pas. Die klaarheid en diepte, wat hy sodoende bereik het, het sowel sy eie fotografiese werk asook dié van sy leerlinge gekenmerk. Adams het - ongeag hulle grootte, gewig, voorbereidingstyd en filmkoste - oorwegend gebruik gemaak van groot-formaat-kameras aangesien hulle beeldresolusie steeds bygedra het om 'n buitengewone skerpte van sy foto's te bereik.

Saam met sy kollegas Edward Weston en Imogen Cunningham het Adams die Group f/64 gestig. Hulle het later die fotografiese afdeling van die Museum of Modern Art geskep. Adams se tydlose en in visuele opsig indrukwekkende fotografiese werke word nog steeds vir kalenders, posters en boeke gebruik, en sy werk het sodoende vir 'n breë publiek maklik herkenbaar geword.

  • Close-up van blare uit die Glacier National Park, Montana

    Close-up van blare uit die Glacier National Park, Montana

  • Plaaswerkers in Mazanar War Relocation Center, met Mt. Williamson in die agtergrond

    Plaaswerkers in Mazanar War Relocation Center, met Mt. Williamson in die agtergrond

  • The Tetons and the Snake River (1942)

    The Tetons and the Snake River (1942)

  • Die McDonald-meer, Glacier National Park, in die aandskemer

    Die McDonald-meer, Glacier National Park, in die aandskemer