af.wikipedia.org

Arne Dahl - Wikipedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Arne Dahl

Jan Arnald in 2011

Gebore

Jan Lennart Arnald


11 Januarie 1963
NasionaliteitVlag van Swede Swede
BeroepRomanskrywer en literêre kritikus
Bekend virOnt Blod
Misterioso
Upp till toppen av berget
Webwerfwww.arnedahl.net

Arne Dahl is die skrywersnaam van die Sweedse skrywer Jan Lennart Arnald (* 11 Januarie 1963).

Arnald is 'n literatuurwetenskaplike en staan in diens van die Sweedse Akademie (Svenska Akademien) wat jaarliks die Nobelprys vir Letterkunde toeken. Hy het drie boeke onder sy ware naam gepubliseer. Hy is daarnaas die uitgewer van twee tydskrifte, Artes en Aiolos, en staan as literêre kritikus in diens van die Gotenburgse dagblad Göteborgs Posten.

Jan Lennart Arnald het sy deurbraak as skrywer in 1998 met sy reeks van misdaadromans rondom die sogenaamde A-groep, 'n spesiale eenheid van die Sweedse polisie wat teen internasionale misdaad optree, en die hoofkarakters Paul Hjelm en Kerstin Holm, behaal. Die reeks, wat Arnald onder sy skuilnaam Arne Dahl gepubliseer het, is in 'n verskeidenheid tale vertaal.

Volgens sy eie voorneme sou die reeks tot tien romans beperk wees. So het Arnald in 2011 met Viskleken 'n nuwe speurderreeks rondom 'n geheime spesialiste-eenheid van Europol begin. Arto Söderstedt, 'n karakter uit 'n vorige reeks, maak deel uit van dié span.

Arnald woon tans in Stockholm en die Berlynse distrik Neukölln.

A-groep-reeks

  • Ont blod (1998)
  • Misterioso (1999)
  • Upp till toppen av berget (2000)
  • Europa blues (2001)
  • De största vatten (2002)
  • En midsommarnattsdröm (2003)
  • Dödsmässa (2004)
  • Mörkertal (2005)
  • Efterskalv (2006)
  • Himmelsöga (2007)
  • Elva (2008)

Europol-reeks

  • Viskleken (2011)
  • Hela havet stormar (2012)
  • Blindbock (2013)
  • Sista paret ut (2014)

As Jan Arnald

  • Maria och Artur (2006)
  • Intimus (2010)
  • 2004: Palle-Rosenkrantz-prys vir Europa blues
  • 2005 Deutscher Krimipreis - International 2 vir Falsche Opfer (Sweedse titel: Upp till toppen av berget)
  • 2005: Krimi des Jahres 2004 (4de plek) in die topverkoperslys van KrimiZEIT/KrimiWelt vir Tiefer Schmerz (Sweeds: Europa blues)
  • 2006: Deutscher Krimipreis - International 3 vir Tiefer Schmerz (Sweeds: Europa Blues)
  • 2006: Krimi des Jahres 2005 (7de plek) in die topverkoperslys van KrimiZEIT/KrimiWelt vir Rosenrot (Sweeds: De största vatten)
  • 2007: Spesiale prys van die Svenska Deckarakademin („Akademie van Sweedse misdaadskrywers“)
  • 2010: Radio Bremen Krimipreis
  • 2010: Nominasie vir European Crime Fiction Star Award 2010/11
  • 2011: Bästa svenska kriminalroman vir Viskleken