af.wikipedia.org

Boer (landbou) - Wikipedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Hierdie artikel handel oor die landbouer. Vir die etniese bevolking, sien gerus Boere.
Boere besig met werk op 'n plaas in Indië.

'n Boer is 'n persoon wat op 'n plaas gewasse kweek en verbou; asook vee (plaasdiere) teel en grootmaak om gewoonlik as voedsel vir mens en dier gebruik te word. Dit het 'n baie algemene beroep vir vele mense geword, reeds sedert die oorsprong van die beskawing.

Die woord boer of landbouer verwys gewoonlik na 'n persoon wat 'n stuk grond of 'n plaas besit met veld, boorde, landerye, of groentetuine waar voedsel geproduseer word. Hierdie voedsel word geëet (deur bestaansboere en hulle gesinne) of geoes en verkoop, gewoonlik aan 'n landboukoöperasie (kommersiële boere).

Soms verbou boere ook roumateriaal vir industriële gebruik, byvoorbeeld:

  • graan vir alkoholiese drankies (bv. bier)
  • velle (huide) van diere vir leer
  • mielies vir plastiek en brandstof
  • wol en katoen vir garing en materiaal vir klere en linne.

Meeste veeboere teel egter stoetdiere wat gebruik word in die produksie van vleis, melk, eiers en ander voedselsoorte.

  • 'n Trotse boer sit in sy boontjieland in Nicaragua.

    'n Trotse boer sit in sy boontjieland in Nicaragua.

  • Rysboere oes in Java, Indonesië.

    Rysboere oes in Java, Indonesië.

  • 'n Ugandese boer in sy land met sonneblomme.

    'n Ugandese boer in sy land met sonneblomme.

  • Bestaansboere besig in 'n land van hongersnood. Somalië, 1993.

    Bestaansboere besig in 'n land van hongersnood. Somalië, 1993.

  • Bestaansboere bewerk hulle landerye self met behulp van diere

    Bestaansboere bewerk hulle landerye self met behulp van diere

Wikimedia Commons bevat media in verband met Farmers.
Sien boer in Wiktionary, die vrye woordeboek.

Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.