Eksarg - Wikipedia
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eksarg is die titel van een van vier funksionarisse:
- Opperbevelhebber en stadhouer deur 'n Bisantynse keiser oor 'n bepaalde gebied aangestel, veral dié oor Ravenna, Italië.
- In die ou Christelike Kerk - Biskop aan wie ander biskoppe onderworpe was.
- In die Grieks-Ortodokse Kerk - Verteenwoordiger van die patriarg of metropolitaan, aan wie dié 'n deel van sy regte afgestaan het; oorspronklik hoof van 'n provinsie.
- Hoof van die Bulgaarse Kerk, tot 1915.
- WAT, deel II, p. 492.
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.