af.wikipedia.org

Evander - Wikipedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Evander

Evander is in Mpumalanga

Evander

Evander

 Evander se ligging in Mpumalanga

Koördinate: 26°27′S 29°6′O / 26.450°S 29.100°O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieMpumalanga
DistrikGert Sibande
MunisipaliteitGovan Mbeki
Oppervlak
 • Totaal23,78 km2 (9,18 vk. myl)
Hoogte1 655 m (5 430 ft)
Bevolking

 (2011)[1]

 • Totaal10 166
 • Digtheid428/km2 (1 110/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense40.1%
 • Indiërs/Asiërs2.9%
 • Bruin mense6.7%
 • Swart mense49.5%
 • Ander0.7%
Taal (2011)
 • Afrikaans 40.7%
 • Zoeloe 16.9%
 • Engels 12.6%
 • Suid-Sotho 7.4%
 • Ander 22.4%
Poskode (strate)

2280

Poskode (posbusse)

2280

Skakelkode017

Evander is 'n dorp in die Gert Sibande-distrik van die Suid-Afrikaanse provinsie Mpumalanga, sowat 120 kilometer oos van Johannesburg en 1 659 meter bo seevlak geleë. Evander is in 1955 gestig. Die dorp het sy naam ter ere van Evelyn Anderson gekry, die eggenote van 'n plaaslike mynboumaatskappy se direkteur. Evander het sy naam aan die Evanderbekken, 'n kleiner geologiese formasie buite die Witwatersrand, verleen.

Evander is nog steeds 'n belangrike mynboudorp waar goud en die byprodukte silwer en osmiridium ontgin word. Die SASOL II en III-aanlegte is in die laat 1970's naby Evander en die buurdorp Trichardt se steenkoolvelde opgerig.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Evander". Sensus 2011.