af.wikipedia.org

Fakaofo - Wikipedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Fakaofo
Fakaofo se sentrale plein
Fakaofo se sentrale plein
Geografie
Ligging Stille Oseaan
Koördinate 9°22′S 171°13′W / 9.367°S 171.217°W
Totale eilande 43
Oppervlakte 3 vk km
Administrasie
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Gebied Tokelau
Demografie
Bevolking 506
Lugbeeld van Fakaofo

Fakaofo (voorheen Bowditch Island) is 'n groep van 43 koraaleilandjies wat 'n strandmeer omring. Dit vorm saam met die twee ander atolle Atafu en Nukunonu die gebied Tokelau, 'n gebied van die Koninkryk van Nieu-Seeland. Met 'n oppervlakte van 3 km² is dit die naasgrootste van die drie eilandgroepe. Fakaofo het 'n bevolking van 506 in 2016 gehad. Tokelau se hoofstad wissel jaarliks tussen Atafu, Nukunonu en Fakaofo.[1]

  1. (en) "Tokelau Government – Political System". Regering van Tokelau. Besoek op 12 November 2021.
Algemeen

Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.