af.wikipedia.org

Gans - Wikipedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Ganse
'n Kanadese gans (Branta canadensis)

Unieke gaggel, snater en blaas (hulp·inligting)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:

Anserini

Genera

Anser
Branta
Chen
en sien teks.

'n Gans is 'n groot, swaargeboude watervoël met 'n lang nek wat aan die familie van eendvoëls (Anatidae) behoort. Binne die familie hoort hulle tot die subfamilie Anserinae (swane en ganse).

Ganse wei graag en is meer gespesialiseerd om op land te lewe as ander verwante spesies. Hiervoor het hulle lang sterk bene wat reg onder die liggaam geplaas is en hulle in staat stel om maklik te kan loop.

Die geluide wat ganse maak kan beskryf word as gaggel, snater of blaas.

  • 'n Andes-gans.

  • 'n Blesgans.

  • 'n Bandkopgans.

  • 'n Cereopsis-gans.

  • 'n Dwerggans.

  • 'n Gryskopgans.

  • 'n Hawaiiese gans.

  • 'n Kanadese gans.

  • 'n Keisergans.

  • 'n Kleinsneeugans.

  • 'n Kolgans.

  • 'n Rooiborsgans.

  • 'n Witwanggans.

Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.