Glencoe, KwaZulu-Natal - Wikipedia
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Glencoe)
Glencoe | |
---|---|
Koördinate: 28°11′S 30°9′O / 28.183°S 30.150°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | Umzinyathi |
Munisipaliteit | Endumeni |
Stigting | 1903 |
Oppervlak | |
• Totaal | 26,58 km2 (10,26 vk. myl) |
Hoogte | 1 246 m (4 088 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 17 548 |
• Digtheid | 660/km2 (1 700/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 8.9% |
• Indiërs/Asiërs | 6.9% |
• Bruin mense | 1.0% |
• Swart mense | 83.0% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 76.6% |
• Engels | 11.9% |
• Afrikaans | 8.5% |
• Ander | 3.0% |
Poskode (strate) | 2930 |
Poskode (posbusse) | 2930 |
Skakelkode | 034 |
Glencoe is 'n dorp in die noorde van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorp en omgewing het 'n bevolking van 17 548 in 2011 gehad.[1] Die dorp is 10 km wes van Dundee.
Die dorpie het as Biggarsberg-aansluiting begin toe die Durban-Johannesburgspoorlyn hierdie punt in 1889 bereik het. 'n Nuwe dorp is in 1921 by die aansluiting aangelê en die naam is verander na Glencoe, na 'n vallei in Skotland.
Die dorp het in 1964 sy eie distrik gekry van 668 km2. Skaap- en beesboerdery is die belangrikste aktiwiteite.
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika.