Hawais - Wikipedia
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hawais ʻŌlelo Hawaiʻi | |
---|---|
Uitspraak: | [ʔoːˈlɛlo həˈvɐjʔi] |
Gepraat in: | Verenigde State |
Gebied: | Oseanië |
Totale sprekers: | 24 000 volgens 2010-sensus[1] |
Taalfamilie: | Austronesies Maleis-Polinesies Oseanies Polinesies Oos-Polinesies Marquesies Hawais |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet |
Amptelike status | |
Amptelike taal in: | Verenigde State |
Gereguleer deur: | Hawaii-taalkommissie |
Taalbedreigingstatus | |
Veilig NENie bedreig nie Dit is 'n krities bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale. | |
Taalkodes | |
ISO 639-1: | geen |
ISO 639-2: | haw
|
ISO 639-3: | haw
|
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Hawais (ʻŌlelo Hawaiʻi, [ʔoːˈlɛlo həˈvɐjʔi]) is die taal van Hawaii se inheemse bevolking. Dit vorm saam met Engels die amptelike tale van die Amerikaanse deelstaat Hawaii.
Taalkundiges klassifiseer Hawais as 'n Oos-Polinesiese taal wat nouverwant aan Mangarevanies en Marquesanies van Frans-Polinesië is. Dit is ietwat minder verwant aan Cookeilandse Māori, Māori, Rapa Nui en Tahitiaans en het daarnaas nog 'n los verbintenis met die tale van Wes-Polinesië, waaronder Niuies, Samoaans, Tokelauaans, Tongaans en Tuvaluaans.
Volgens die Hawaii-taalkommissie het die aantal volwasse sprekers, wat Hawais vlot kan praat, in 1997 tot sowat 2 000 gedaal.
- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Hawaiian" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2019. Besoek op 13 Februarie 2018.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hawais.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Hawais.