Klein-Karoo - Wikipedia
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie


Die Klein Karoo is 'n landstreek in die suide van die provinsie Wes-Kaap waar vroeër op grootskaal met volstruise geboer is. Die gebied strek min of meer van die Langeberg tot die Swartberg. Die Langeberg en die Outenikwaberge vorm die suidgrens van die gebied, die Swartberg die noordgrens. Die hoofdorp is Oudtshoorn. Ander dorpe/nedersettings in die omgewing sluit in: Ladismith, Calitzdorp, De Rust, asook bekende sendingstasies soos Zoar, Amaliënstein, Barrydale en Dysselsdorp. Uniondale is verste punt oos van die gebied.
Die area word hoofsaaklik deur die Gouritsrivier, via sy sytak die Olifantsrivier, gedreineer.
Daar is vyf inselberge in die streek: Anysberg, Warmwaterberg, Touwsberg, Rooiberg, Gamkaberg, Kammanassieberge en Antoniesberg
Toegang tot die Klein-Karoo geskied via verskeie passe en poorte:
- Lys van streeksname in Suid-Afrika
- Klein Karoo Nasionale Kunstefees, die steek se kunsfees.
- Klein Karoo, rolprent wat hier geskiet is.
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.