Lingala - Wikipedia
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Lingala Lingála | |
---|---|
Gepraat in: | ![]() ![]() ![]() ![]() |
Gebied: | Kongorivier |
Totale sprekers: | 2,3 miljoen[1] |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoid Suidelike Bantoid Bantoetale Lingala |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet Mandombe |
Amptelike status | |
Amptelike taal in: | ![]() ![]() |
Gereguleer deur: | geen |
Taalkodes | |
ISO 639-1: | ln
|
ISO 639-2: | lin
|
ISO 639-3: | lin
|
![]() | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Lingala (Lingála) is 'n Bantoetaal in Sentraal-Afrika wat deur sowat 2,3 miljoen mense gepraat word. Dit vorm saam met Kongo, Luba-Kasai en Swahili die nasionale tale van die Demokratiese Republiek die Kongo,[5] naas die amptelike taal Frans. Daarbenewens word Lingala in die aangrensende lande die Republiek die Kongo, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Angola gepraat. In die Republiek die Kongo word Lingala saam met die Kongo-Kreools Kituba as 'n nasionale taal erken.


Lingala het in Sentraal-Afrika langs die Kongorivier ontstaan en was eens deur die Bangala-volk in die noordweste van die Demokratiese Republiek die Kongo gepraat. Die taal is verder deur Frans en Swahili beïnvloed en het verskeie leenwoorde opgeneem.
- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Lingala". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2019. Besoek op 17 Januarie 2019.
- ↑ (en) "The Constitution of the Democratic Republic of the Congo, 2005" (PDF). constitutionnet.org. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2019. Besoek op 17 Januarie 2019.
- ↑ (fr) "Congo-Kinshasa". Universiteit van Laval. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2019. Besoek op 17 Januarie 2019.
- ↑ (fr) "Constitution de 2015". Digithèque matériaux juridiques et politiques, Jean-Pierre Maury, Université de Perpignan. Besoek op 14 Mei 2021.
- ↑ (en) "Tshiluba". Omniglot. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 17 Januarie 2019.
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lingala.
- (en) "Lingala language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 17 Januarie 2019.