Mahikeng - Wikipedia
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Mafeking)
Mahikeng (voorheen Mafeking en Mafikeng) | |
---|---|
![]() Obelisk, wat aan die Britse soldate herinner, wat tydens die beleg van Mafeking in die stad gesneuwel het | |
Koördinate: 25°51′S 25°38′O / 25.850°S 25.633°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Ngaka Modiri Molema |
Munisipaliteit | Mahikeng |
Stigting | 1852 |
Regering | |
• Burgemeester | Tshepiso Mphehlo |
Oppervlak | |
• Totaal | 24,57 km2 (9,49 vk. myl) |
Hoogte | 1 500 m (4 900 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 15 117 |
• Digtheid | 615/km2 (1 590/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 9.9% |
• Indiërs/Asiërs | 7.3% |
• Bruin mense | 7.5% |
• Swart mense | 74.5% |
• Ander | 0.8% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 53.3% |
• Engels | 18.6% |
• Afrikaans | 14.1% |
• Sotho | 3.0% |
• Ander | 11.1% |
Poskode (strate) | 2745 |
Poskode (posbusse) | 2745 |
Webwerf | Amptelike webwerf |
Mahikeng (voorheen Mafeking, later Mafikeng[2]) is die hoofstad van Noordwesprovinsie, Suid-Afrika, met omtrent 49 300 inwoners in 2001. Mahikeng vorm 'n eenheid met Mmabatho, wat voorheen die hoofstad van Bophuthatswana was.

Die oorspronklike dorp Mafeking het in 1881 ontstaan toe die Boere 'n 140 plase gekry het van twee Barolong-opperhoofde vir dienste verskaf as huursoldate in 'n meningsverskil. Die nedersetters het besluit om die republiek Goosen te stig met Rooigrond as hoofkwartier, sowat 15 km vanaf Mahikeng. Die republiek is egter by Brittanje ingelyf gedurende 1885 deur 'n Britse ekspedisiemag onder leiding van sir Charles Warren. Hy het toe 'n dorp uitgelê waar Mahikeng vandag is. Die naam is Tswana en beteken plek van die klip. Die spoorlyn vanaf Kaapstad het Mahikeng in 1894 bereik en dié vanaf Johannesburg in 1912.
Die dorp word vir drie redes onthou:
- Die Jameson-inval het hier begin
- Die Beleg van Mafeking tydens die Tweede Vryheidsoorlog
- Die Boy Scout-beweging is hier begin deur kol. Baden-Powell.
In 1980 is die dorp ingelyf by die onafhanklike staat Bophuthatswana en Mmabatho is langs die dorp aangelê. In April 1994 het Bophuthatswana sy onafhanklikheid prysgegee en is weer by Suid-Afrika ingelyf.
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Mahikeng". Sensus 2011.
- ↑ (en) Mail & Guardian
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mahikeng.
- (en) Toerisme-inligting oor Mahikeng op Wikivoyage
- (en) Amptelike webwerf