af.wikipedia.org

Nukunonu - Wikipedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Nukunonu
Nukunonu se lagoen
Nukunonu se lagoen
Geografie
Ligging Stille Oseaan
Koördinate 9°10′S 171°49′W / 9.167°S 171.817°W
Totale eilande 30
Oppervlakte 5,5 vk km
Administrasie
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Gebied Tokelau
Demografie
Bevolking 452
Satellietbeeld van Nukunonu

Nukunonu (voorheen Duke of Clarence’s Island) is 'n groep van 30 koraaleilandjies wat 'n strandmeer omring. Dit vorm saam met die twee ander atolle Atafu en Fakaofo die gebied Tokelau, 'n gebied van die Koninkryk van Nieu-Seeland. Met 'n oppervlakte van 5,5 km² is dit die grootste van die drie eilandgroepe. Nukunonu het 'n bevolking van 452 in 2016 gehad. Tokelau se hoofstad wissel jaarliks tussen Atafu, Nukunonu en Fakaofo.[1]

  1. (en) "Tokelau Government – Political System". Regering van Tokelau. Besoek op 12 November 2021.
Algemeen

Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.