Olimpiese Winterspele 1984 - Wikipedia
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Olimpiese Winterspele 1984 (Serwo-Kroaties: XIV zimske olimpijske igre / XIV Зимске олимпијске игре; Macedonies: XIV Зимски олимписки игри), amptelik bekend as die XIVde Olimpiese Winterspele, is tussen 8 en 19 Februarie 1984 in Sarajevo, Joego-Slawië, aangebied, nou die hoofstad van Bosnië en Herzegowina. Die ander kandidaatstede was Sapporo in Japan en Gotenburg in Swede.

Die Olimpiese Somerspele 1984 is in Los Angeles, Verenigde State, aangebied. Die Paralimpiese Winterspele 1984 is tussen 14 en 20 Januarie in Innsbruck, Oostenryk, gehou.

Sarajevo is op 18 Mei 1978 in Athene deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1984. Ander kandidate was: Sapporo en Gotenburg.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1984[2] | |||
---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | Rondte 2 |
Sarajevo | ![]() |
31 | 39 |
Sapporo | ![]() |
33 | 36 |
Gotenburg | ![]() |
10 | — |
6 Olimpiese sporte in 10 dissiplines is tydens die Spele beoefen.
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het.
Groen vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie.
Grys vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Winterspele 1984 deelgeneem het nie.
'n geel kring vertoon die gasheerstad (Sarajevo).
Rooi diamante vertoon lande, wat hul eerste medalje tydens die Winterspele gewen het.
Hier is die top 17 lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | ![]() |
![]() |
![]() |
Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | ![]() |
57 | 9 | 9 | 6 | 24 |
2 | ![]() |
99 | 6 | 10 | 9 | 25 |
3 | ![]() |
107 | 4 | 4 | 0 | 8 |
4 | ![]() |
45 | 4 | 3 | 6 | 13 |
5 | ![]() |
60 | 4 | 2 | 2 | 8 |
6 | ![]() |
58 | 3 | 2 | 4 | 9 |
7 | ![]() |
42 | 2 | 2 | 1 | 5 |
8 | ![]() |
67 | 2 | 1 | 1 | 4 |
![]() |
84 | 2 | 1 | 1 | 4 | |
10 | ![]() |
74 | 2 | 0 | 0 | 2 |
11 | ![]() |
30 | 1 | 0 | 0 | 1 |
12 | ![]() |
50 | 0 | 2 | 4 | 6 |
13 | ![]() |
32 | 0 | 1 | 2 | 3 |
14 | ![]() |
39 | 0 | 1 | 0 | 1 |
![]() |
71 | 0 | 1 | 0 | 1 | |
16 | ![]() |
10 | 0 | 0 | 2 | 2 |
17 | ![]() |
65 | 0 | 0 | 1 | 1 |
Totaal (17 NOKs) | 990 | 39 | 39 | 39 | 117 |
- ↑ (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.
- ↑ (en) "Past Olympic Host City Election Results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 20 Januarie 2018.
- (en) David Wallechinsky (2005). The Complete Book of the Winter Olympics, Turin 2006 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-45-9.
- (de) Volker Kluge (1999). Olympische Winterspiele. Die Chronik. Chamonix 1924 – Nagano 1998. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00831-4.
- (en) Krüger, Arnd; Goksör, Matti; von der Lippe, Gerd; Mo, Kristian (1996). The History of the Olympic Winter Games. The Invention of a Tradition.
- (en) Sarajevo 1984 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
Olimpiese Spele | ![]() |
||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • 1916 • 1920 • 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • 1940 • 1944 • 1948 • 1952 • 1956 • 1960 • 1964 • 1968 • 1972 • 1976 • 1980 • 1984 • 1988 • 1992 • 1996 • 2000 • 2004 • 2008 • 2012 • 2016 • 2020 • 2024 • 2028 • 2032 Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • 1940 • 1944 • 1948 • 1952 • 1956 • 1960 • 1964 • 1968 • 1972 • 1976 • 1980 • 1984 • 1988 • 1992 • 1994 • 1998 • 2002 • 2006 • 2010 • 2014 • 2018 • 2022 • 2026 • 2030 • 2034
|