af.wikipedia.org

Ou Ryk van Egipte - Wikipedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

(Aangestuur vanaf Ou Ryk)

Tydperke en dinastieë van Antieke Egipte

Alle jare is v.C.

Derde Dinastie III 2686–2613
Vierde Dinastie IV 2613–2498
Vyfde Dinastie V 2498–2345
Sesde Dinastie VI 2345–2181
Sewende Dinastie VII twyfelagtig
Agtste Dinastie VIII 2181–2160
Negende Dinastie IX 2160–2130
Tiende Dinastie X 2130–2040
Vroeë Elfde Dinastie XI 2134–2061
Laat Elfde Dinastie XI 2061–1991
Twaalfde Dinastie XII 1991–1803
Dertiende Dinastie XIII 1803–1649
Veertiende Dinastie XIV 1705–1690
Vyftiende Dinastie (Hyksos) XV 1674–1535
Sestiende Dinastie XVI 1660–1600
Abydos Dinastie 1650–1600
Sewentiende Dinastie XVII 1580–1549
Agtiende Dinastie XVIII 1549–1292
Negentiende Dinastie XIX 1292–1189
Twintigste Dinastie XX 1189–1077

s  b  w

Die Ou Ryk van Egipte is die naam wat gegee word aan die tydperk van Antieke Egipte omstreeks die 3de millennium v.C. toe die land die eerste hoogtepunt van sy beskawing bereik het. Dit was die eerste van drie sogenaamde koninklike periodes wat die hoogtepunte van beskawing in die laer Nylvallei aandui (die ander twee is die Middelryk en die Nuwe Ryk).

Die term is deur 18de-eeuse historici begin gebruik om ’n onderskeid te tref tussen die Ou Ryk en die Vroegdinastiese Tydperk. Die Antieke Grieke sou nie self so ’n onderskeid geken het nie. Nie net was die laaste koning van die Vroegdinastiese Tydperk familie van die eerste twee konings van die Ou Ryk nie; die hoofstad was in albei gevalle Ineb-Hedg, die antieke Egiptiese naam vir Memphis. Die skeiding tussen die twee tydperke dui eerder op die groot verandering in argitektuur en die uitwerking van grootskaalse bouwerk op die gemeenskap en ekonomie.[1]

Die Ou Ryk word gewoonlik beskou as die tydperk van die 3de tot die 6de Dinastie (26862181 v.C.). Sommige Egiptoloë sluit ook die 7de en 8ste Dinastie in. Terwyl die Ou Ryk gekenmerk is deur interne sekuriteit en vooruitgang, is dit gevolg deur ’n periode van onenigheid en kulturele agteruitgang, wat deur Egiptoloë die Eerste Oorgangstydperk genoem word.[2]

Tydens die Ou Ryk het die koning ’n lewende god geword wat absolute mag gehad het en enigiets van sy onderdane kon eis.[3]

  1. Malek, Jaromir. 2003. "The Old Kingdom (c2686–2160 BC)". In The Oxford History of Ancient Egypt, edited by Ian Shaw. Oxford and New York: Oxford University Press. ISBN 978-0-19-815034-3, p.83
  2. Carl Roebuck, The World of Ancient Times, pp. 55 & 60.
  3. Carl Roebuck, The World of Ancient Times, p. 56.