af.wikipedia.org

Senekal - Wikipedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Senekal

(Matwabeng bygereken)

Dorp+buurt

Die NG kerkgebou van Senekal

Die NG kerkgebou van Senekal

Senekal is in Vrystaat

Senekal

Senekal

 Senekal se ligging in Vrystaat

Koördinate: 28°19′0″S 27°36′0″O / 28.31667°S 27.60000°O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistrikThabo Mofutsanyana
MunisipaliteitSetsoto
Stigting1877
Oppervlak
 • Totaal37,1 km2 (14,3 vk. myl)
Bevolking

 (2011)[1]

 • Totaal25 542
 • Digtheid688/km2 (1 780/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense5.9%
 • Indiërs/Asiërs0.4%
 • Bruin mense0.6%
 • Swart mense93.0%
 • Ander0.2%
Taal (2011)
 • Sotho 88.8%
 • Afrikaans 7.3%
 • Gebaretaal 1.3%
 • Engels 1.4%
 • Ander 1.2%
Poskode (strate)

9600

Poskode (posbusse)

9600

Skakelkode058 481
Webwerfhttp://www.senekal.biz

Senekal is 'n dorp geleë op die oewer van die Klipspruitrivier in die Oos-Vrystaat. Die N5 nasionale pad gaan deur die dorp en is tussen Winburg in die weste en Bethlehem na die ooste geleë. Die dorp het twee nedersettings, Matwabeng en OR Tambo, waarvan die laasgenoemde die nuutste, grootste en vinnig groeiendste is.

Senekal het 5 primêre skole en 4 sekondêre skole asook kleiner skole op plase, 'n polisiestasie, korrektiewe fasiliteite, hospitale en klinieke. Die Naledi Gemeenskapsradiostasie bedien die meeste dele van die Oos-Vrystaat en klein dele van Lesotho. Die stasie saai uit op 103,9 Mhz. Senekal is die tweede grootste dorp in die Setsoto Plaaslike Munisipaliteit na Ficksburg.

Die dorp is in 1877 op die plaas De Put van F.J. Malan gestig en is genoem na kommandant-generaal FP Senekal (1815-1866).[2] Senekal het die Vrystaatse kommando's in die twee Basoeto-oorloë van 1858 en 1865 gelei. Hy het tydens die tweede oorlog gesneuwel. Munisipale status is in 1886 toegeken. Een van die Anglo-Boere-oorlog-veldslae van 1900 is by Biddulphsberg buite die dorp geveg.

Die distrik is 3 560 km2 groot. Sir Pierre van Ryneveld, stigter van die Suid-Afrikaanse Lugmag, is in die dorp gebore.

Die twee meesgesproke streekstale rondom Senekal is Afrikaans en Sesotho.

Plekke van belang naby Senekal sluit in: Arizona Wildplaas, Biddulphsberg-oord en Willem Pretorius-wildreservaat wat in Matjhabengdistrik val. Een van die oudste kerke in die Vrystaat is in die middel van die dorp en is omring deur versteende boomstompe, oorspronklik uit die spruit opgegrawe.[3]

Boerderye rondom Senekal speel 'n belangrike ekonomiese rol in die provinsie en land as geheel. Gemengde boerdery word beoefen en produseer, onder andere, mielies, sonneblom, koring, melk- en vleisvee.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Senekal en Matwabeng tydens die 2011-Sensus.
  2. (af) http://www.senekal.biz/about/history.html Geargiveer 5 Februarie 2012 op Wayback Machine
  3. (en) http://www.setsoto.co.za/Senekal.html Geargiveer 23 Maart 2012 op Wayback Machine
Ventersburg Steynsrus Lindley
Allemanskraaldam Bethlehem
   Senekal    
Winburg Marquard Rosendal