af.wikipedia.org

Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens - Wikipedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens
Gestig 1968 (naam verander 1998)
Land Suid-Afrika
Onderdeel van Suid-Afrikaanse Weermag
Tipe Militêre Gesondheidsdiens
Hoofkwartier Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika
Hooftitel Geneesheer-generaal
Hoofnaam Lt-Genl Ntshavheni Maphaha
Aantal lede 9 922 aktiewe personeel
1 115 reserwe personeel

Die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens, voorheen die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens (SAGD), is die mediese komponent van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en sy voorganger die Suid-Afrikaanse Weermag.

Die SAGD is in 1968 gestig deur die mediese eenhede van die Suid-Afrikaanse Leër, die Suid-Afrikaanse Lugmag, en die Suid-Afrikaanse Vloot uit die onderskeie diensmagte te neem en in 'n nuwe 'gemeenskaplike diensmag', die SA Geneeskundige Diens, in te deel. In 1979 is die SAGD tot die status van 'n gevegsdiens, gelyk aan die leër, lugmag en vloot, verhef. Die naam is in 1998 na 'Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens' verander. Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens (afgekort: SAGD) is die vorige naam van die huidige Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens.

In die sewentigerjare is die bevel en beheerstruktuur van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) verskeie kere hersien om by veranderende omstandighede aan te pas. As deel hiervan is die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens op 1 Julie 1979 gestig om naas die Leër, Lugmag en Vloot die vierde weermagsdeel te word.

Die rangstruktuur van offisiere en onderoffisiere is identies aan die S.A. Leër s'n, behalwe dat maroen as agtergrondkleur gebruik word, i.p.v. die gebruiklike vaalbruin van die epoulette.

  • Geneesheer-generaal skouerflits – gedra tot 1996.

    Geneesheer-generaal skouerflits – gedra tot 1996.

  • Militêre Mediese Instituut se skouerflits.

    Militêre Mediese Instituut se skouerflits.

  • 1 Militêre Hospitaal se skouerflits.

    1 Militêre Hospitaal se skouerflits.

  • SAGD-kollege se skouerflits – gedra tot 1996.

    SAGD-kollege se skouerflits – gedra tot 1996.

Voorbeelde van range deur offisiere gedra in die voormalige SAGD

[wysig | wysig bron]

  • SAGD luitenant (velddrag). Gewoonlik gedra deur 'n diensplig dokter, tandarts, apteker of veearts.

    SAGD luitenant (velddrag). Gewoonlik gedra deur 'n diensplig dokter, tandarts, apteker of veearts.

  • SAGD kaptein (drie sterre) en majoor (kasteel) soos op velddrag vertoon.

    SAGD kaptein (drie sterre) en majoor (kasteel) soos op velddrag vertoon.

  • SAGD kolonel (werksdrag, post-1994). Die kasteel is vervang met 'n 9-puntige ster.

    SAGD kolonel (werksdrag, post-1994). Die kasteel is vervang met 'n 9-puntige ster.

  • Dameslid se hoofbedekking met ou SAGD wapen (ongeveer 1979–1983).

    Dameslid se hoofbedekking met ou SAGD wapen (ongeveer 1979–1983).

Nering-kentekens op die bors van offisiere in die SAGD gedra

[wysig | wysig bron]

  • Administratiewe offisier

    Administratiewe offisier

  • Aptekeroffisier

    Aptekeroffisier

  • Mediese offisier ('n dokter)

    Mediese offisier ('n dokter)

  • Verpleegoffisier

    Verpleegoffisier

  • Tandheelkundige offisier

    Tandheelkundige offisier

  • Veeartsoffisier

    Veeartsoffisier

  • Welsynsoffisier

    Welsynsoffisier

  • Operasionele mediese ordonnans (Ops Medic – nie 'n offisier) toegedeel aan 7 Mediese Bataljongroep

    Operasionele mediese ordonnans (Ops Medic – nie 'n offisier) toegedeel aan 7 Mediese Bataljongroep