Vee - Wikipedia
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Vee is gedomestikeerde diere wat deur mense aangehou word vir kos, melk, leer (velle) of wol.
Sommige soorte vee is: beeste, varke, skape, bokke, hoenders en volstruise. Hoenders lê eiers, varke lewer vleis en spek, beeste gee melk en vleis, skape bied wol, ensovoorts.
Sekere soorte vee kan met behulp van veeroosters binne 'n bepaalde gebied gehou word. Die rooster word onder die hek geplaas. Mense en karre kan vrylik daaroor beweeg, maar nie die vee nie.
Sien ook
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Livestock. |
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.