af.wikipedia.org

Vlag van die Midway-atol - Wikipedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Vlag van die Midway-atol
Vlag van die Midway-atol
Vlag van die Midway-atol
Verhouding 3:5
Goedgekeur 29 Mei 2000
Ontwerp ’n Horisontale driekleur in blou, wit en turkoois met ’n albatros in die boonste baan.

Die nieamptelike vlag van die Midway-atol is op 29 Mei 2000 in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur in blou, wit en turkoois met ’n albatros in die boonste baan.

Die blou baan stel die lug voor, die wit baan stel die strande voor en die turkoois baan is die kleur van die omringende oseaan. Die voël is ’n swartwangalbatros.[1]

Die amptelike vlag van die eilande is die vlag van die Verenigde State.

  • Amptelike vlag van die Midway-atol

    Amptelike vlag van die Midway-atol

  1. (en) "Midway-eilande". 31 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2018. Besoek op 31 Julie 2013.