af.wikipedia.org

Vlag van die Republiek die Kongo - Wikipedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Vlag van die Republiek die Kongo
Vlag van die Republiek die Kongo
Vlag van die Republiek die Kongo
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 18 Augustus 1958
Ontwerp ’n Driekleur in groen, geel en rooi waarvan die middelste geel baan skuins oor die vlag loop.

Die nasionale vlag van die Republiek die Kongo is op 18 Augustus 1958 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n vertikale driekleur in groen-geel-rooi (die Pan-Afrika kleure) maar wat hierdie vlag onderskei is dat die middelste baan skuins oor die vlag loop van links onder (aan die vlagpaalkant) tot regs bo (aan die wapperkant).

Die groen op die vlag stel die natuurskoon van die land voor, geel stel die natuurlike hulpbronne voor en rooi stel die stryd om vryheid voor.

  • Vlag van die Volksrepubliek die Kongo

    Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die Volksrepubliek die Kongo

  • Vlag van die Kongolese Weermag, 1970 tot 1992

    Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die Kongolese Weermag, 1970 tot 1992

In 1970 is die vlag laat vaar om plek te maak vir ’n nuwe vlag wat deur die sosialistiese regering van die "Volksrepubliek die Kongo" ingestel is. Die bewing het in 1991 tot ’n einde gekom en op 10 Junie van daardie jaar is die vlag soos hy was (en nou is) heringestel.