af.wikipedia.org

Vrystaat Cheetahs - Wikipedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Vrystaat Cheetahs
Bynaam(e) Cheethas
Embleem Jagluiperd
Stigting 27 Maart 1895
Unie Vrystaatse Rugbyunie
Ligging Bloemfontein
Streek Sentraal- en Suid-Vrystaat
Stadion Toyota-stadion
President Harold Verster
HUB Harold Verster
Afrigter(s) Franco Smith
Kaptein(s) Francois Uys
Liga(s) Curriebeker
Rugby-uitdaagreeks

Spankleure


Statistiek

Meeste wedstryde 245 Helgard Müller
Meeste punte 1402 Eric Herbert
Meeste drieë 136 Chris Badenhorst
Eerste wedstryd
Onbekend
Grootste oorwinning
Oos-Vrystaat 3 – 132 Vrystaat Cheetahs
31 Mei 1977[1]
Grootste nederlaag
Onbekend
Vir inligting oor die Superrugbyspan, gaan na Cheetahs (Superrugbyspan).

Die Vrystaat Cheetahs, voorheen die Oranje-Vrystaat is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspan wat aan die Curriebeker en die Rugby-uitdaagreeks deelneem. Die unie speel sy tuiswedstryde op die Vrystaatstadion in Bloemfontein.

Die Vodacom Cheetahs het in die elf jaar tot 2006 tien keer onder die top 4 in die Curriebekerreeks geëindig en in die 1998 seisoene was hulle vyfde. In vier jaar (1997, 2004, 2005 en 2006) speel die span in die eindstryd om die Curriebeker. Op 14 Oktober 2006 is die Curriebeker-eindstryd in Bloemfontein op die Cheetahs se tuisveld teen die Blou Bulle beslis. Dit was slegs die tweede keer dat die Cheetahs besit van die Curriebeker verdedig het, nadat dit op verdienstelike wyse in 2005 op die Blou Bulle se tuisveld verower is.

In die 2007-seisoen het die Vrystaat Cheetahs hul goeie vorm voortgesit, en wen 13 van hul 14 wedstryde voor die eindronde. Na hulle die Blou Bulle in die halfeindronde in Pretoria geklop het, verower hulle die Curriebeker vir 'n derde agtereenvolgende keer deur die Goue Leeus in die eindstryd van agter in te haal met 20-18.

In die 2016-seisoen was die Toyota Cheetahs onoorwonne in die Curriebekerreeks, en hul klop die Blou Bulle in die eindstryd met 36-16.

Die Vrystaat Rugbyunie is op 27 Maart 1895 gestig. Die unie het hom in meer as ’n eeu op alle vlakke in Suid-Afrikaanse rugby deeglik laat geld en as een van die top-5 in die land gevestig. Hierdie aanspraak word gebaseer op prestasie, grootte van ondersteuningsnetwerk en algemene standhoudende impak op Suid-Afrikaanse rugby.

Vrystaatrugby word gevoed deur sy kragtige juniorrugby van skool- tot onder 21-vlak. Daarbenewens beskik die VRU oor uitstekende studenterugby, waarvan die Shimlas van die Universiteit van die Vrystaat eervol vermeld word.

Die 2012-Curriebekerseisoen was ’n laagtepunt vir die span van Bloemfontein. Hulle het een van hul swakste seisoene beleef waarin hulle slegs drie wedstryde kon wen. ’n Ligpunt was dat die voorste driedrukker vir die seisoen die Vrystaatse vleuel Raymond Rhule was. Die Cheetahs het laaste op die punteleer geëindig en moes teen die OP Kings uitspeel om hul plek in die premierafdeling van die kompetisie te behou. Die Cheetahs was egter te sterk en het altwee uitspeelwedstryde gewen om die OP uit die premierafdeling te hou. Op 4 Augustus 2012 het die Vrystaat Cheetahs teen die Cardiff Blues in ’n feeswedstryd op die rugbyveld van Grey-kollege gespeel ter herdenking van Sir George Grey, die stigter van Grey-kollege, se 200ste geboortedag.[2] Die Vrystaat het met 31 – 32 verloor. In 2013 het die span van die Vrystaat vir die 19de keer sedert 1954 in ’n halfeindronde van die Curriebekerkompetisie gespeel.[3]

Verskeie legendariese individue het gedurende die Unie se bestaan die SA rugbytoneel versier.

Die Vrystaatspelers wat as Springbokke uitgedraf het is in alfabetiese volgorde:[4]

Naam Toetse Bokno. Geboortedorp en datum Skool Eerste toets Laaste toets
Chris Badenhorst 2 610 Windhoek, 12 Desember 1965 Windhoek Hoër 15 Oktober 1994 13 April 1995
André Bestbier 1 485 Potchefstroom, 31 Maart 1946 Hoërskool Oudtshoorn 30 November 1974
Meyer Bosman 3 771 Bethlehem, 19 April 1985 Hoër Landbouskool Oakdale, Riversdal 19 November 2005 15 Julie 2006
Hannes Botha 3 374 Potgietersrus, 11 Mei 1937 Hoërskool Wonderboom, Pretoria 21 Julie 1962 25 Augustus 1962
Gerrie Britz 13 760 Bloemfontein, 14 April 1978 Grey-kollege, Bloemfontein 12 Junie 2004 14 Julie 2007
Heinrich Brüssow 23 801 Bloemfontein, 21 Julie 1986 Grey-kollege, Bloemfontein 22 November 2008 15 Augustus 2015
Uzair Cassiem 8 878 Strand, 17 Maart 1990 Hoërskool Strand, Strand 26 November 2016 2 Desember 2017
Gert Cilliers 3 384 Ficksburg, 28 Julie 1940 Grey-kollege, Bloemfontein 13 Julie 1963 7 September 1963
Michael Claassens 8 765 Kroonstad, 28 Oktober 1982 Hoërskool Kroonstad (Blouskool) 6 November 2004 14 Julie 2007
Jannie de Beer 13 653 Welkom, 22 April 1971 Hoërskool Wessel Maree, Odendaalsrus 5 Julie 1997 30 Oktober 1999
Johan de Bruyn 1 475 Reivilo, 12 Oktober 1948 Hoërskool Reivilo 13 Julie 1974
Lood de Jager 39 856 Alberton, 17 Desember 1992 Hoërskool Hugenote, Springs 14 Junie 2014 20 Julie 2019
Naka Drotské 26 601 Senekal, 15 Maart 1971 Grey-kollege, Bloemfontein 13 November 1993 4 November 1999
Jannie du Plessis 70 788 Bethlehem, 16 November 1982 Grey-kollege, Bloemfontein 7 Julie 2007 30 Oktober 2015
Wian du Preez 1 792 Bloemfontein, 30 Oktober 1982 Grey-kollege, Bloemfontein 21 November 2009
Os du Randt 80 619 Elliot, 8 September 1972 Adelaide Gimnasium 8 Oktober 1994 20 Oktober 2007
Gaffie du Toit 14 667 Kaapstad, 24 Maart 1977 Augsburg Landbougimnasium, Clanwilliam 13 Junie 1998 24 Junie 2006
Braam Els 1 656 Kroonstad, 1 November 1971 Afrikaans Hoër, Kroonstad (Rooiskool) 23 Augustus 1997
Rassie Erasmus 36 649 Despatch, 5 November 1972 Hoërskool Despatch 5 Julie 1997 23 Junie 2001
Christo Ferreira 2 543 Welkom 28 Augustus 1960 Welkom-Gimnasium 10 Mei 1986 17 Mei 1986
Kabamba Floors 1 784 Oudtshoorn, 15 November 1980 Môrester 25 November 2006
Bevin Fortuin 2 780 George 6 Februarie 1979 George Sekondêre Skool 11 November 2006 7 Julie 2007
Dirk Froneman 1 492 Winburg, 14 April 1954 Hoërskool Sarel Cilliers, Glencoe 27 Augustus 1977
Jack Gage 1 233 Worcester, 2 April 1907 Kimberley Boys’ High 8 Julie 1933
Flip Geel 1 282 Boshof, 7 Februarie 1914 Hoërskool Christiana 3 September 1949
Gerrie Germishuys 20 465 Port Shepstone, 29 Oktober 1949 Hoërskool Brandwag, Benoni 22 Junie 1974 20 September 1981
Johan Goosen 13 839 Burgersdorp, 27 Julie 1992 Grey-kollege, Bloemfontein 8 September 2012 26 November 2016
Piet Goosen 1 413 Bloemfontein, 3 Februarie 1937 Hoërskool Sentraal, Bloemfontein 21 Augustus 1965
Piet Greyling 25 422 Zastron, 16 Mei 1942 Hoërskool Sentraal, Bloemfontein 15 Julie 1967 3 Junie 1972
Kleintjie Grobler 3 478 Pretoria, 24 Augustus 1944 Gerrit Maritz Hoërskool, Pretoria 27 Julie 1974 28 Junie 1975
Lappies Hattingh 1 239 Lindley, 1 September 1903 22 Julie 1933
Cornal Hendricks 12 855 Paarl, 18 April 1988 Hoërskool Bergrivier, Wellington 14 Junie 2014 25 Julie 2015
Eben Jansen 1 518 Griekwastad, 5 Junie 1954 Hoërskool Griekwastad 15 Augustus 1981
Joggie Jansen 10 444 Griekwastad, 5 Februarie 1948 Hoërskool Griekwastad 25 Julie 1970 3 Junie 1972
Ashley Johnson 3 810 Wynberg, 16 Mei 1986 Paarl Gimnasium 23 Julie 2011 20 Augustus 2011
André Joubert 34 557 Ladysmith, 15 April 1964 Hoërskool Ladysmith 26 Augustus 1989 23 Augustus 1997
Ian Kirkpatrick 13 306 Bloemfontein, 25 Julie 1930 Kimberley Boys’ High School 5 September 1953 18 Februarie 1961
Edrich Krantz 2 487 Senekal, 10 Augustus 1954 Hoërskool Sentraal, Bloemfontein 24 Julie 1976 30 Mei 1981
Klippies Kritzinger 7 477 Harrismith, 1 Maart 1948 Hoërskool Harrismith 13 Julie 1974 18 September 1976
Ruben Kruger 36 596 Vrede, 30 Maart 1970 Grey-kollege, Bloemfontein 6 November 1993 4 November 1999
Ollie le Roux 54 600 Fort Beaufort, 10 Mei 1973 Grey-kollege, Bloemfontein 4 Junie 1994 17 Augustus 2002
Martiens le Roux 8 510 Wesselsbron, 30 Maart 1951 Hoërskool Wessel Maree, Odendaalsrus 31 Mei 1980 30 Mei 1981
Willie le Roux 54 848 Stellenbosch, 18 Augustus 1989 Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch 8 Junie 2013 27 Julie 2019
Friedrich Lombard 2 736 Frankfort, 4 Maart 1979 Hoërskool Wilgerivier, Frankfort 16 November 2002 23 November 2002
Boetie McHardy 5 134 Bloemfontein, 11 Junie 1890 Grey-kollege, Bloemfontein 23 November 1912 11 Januarie 1913
Willie Meyer 26 663 Port Elizabeth, 6 November 1967 Hoër Landbouskool Marlow, Cradock 6 Desember 1997 9 November 2002
Oupa Mohoje 19 859 QwaQwa, 3 Augustus 1990 HTS Louis Botha, Bloemfontein 28 Junie 2014 2 Junie 2018
Helgard Müller 2 551 Bloemfontein, 1 Junie 1963 Grey-kollege, Bloemfontein 31 Mei 1986 26 Augustus 1989
Ox Nche 1 893 Bloemfontein, 23 Julie 1995 HTS Louis Botha, Bloemfontein 2 Junie 2018
Jongi Nokwe 4 767 Keiskammahoek (Ciskei), 30 Desember 1981 Kwamfumdo Secondary 9 Augustus 2008 4 Julie 2009
Trevor Nyakane 39 850 Bosbokrand, 4 Mei 1989 Hoërskoon Ben Vorster, Tzaneen 8 Junie 2013 27 Julie 2019
Coenie Oosthuizen 30 824 Potchefstroom, 2 Maart 1989 Grey-kollege, Bloemfontein 9 Junie 2012 11 November 2017
Gysie Pienaar 13 506 Bloemfontein, 21 Desember 1954 Dr. Viljoen, Bloemfontein 3 Mei 1980 12 September 1981
Ruan Pienaar 88 779 Bloemfontein, 10 Maart 1984 Grey-kollege, Bloemfontein 26 Augustus 2006 30 Oktober 2015
Hennie Potgieter 2 200 24 Oktober 1903 30 Junie 1928 21 Julie 1928
Hermanus Potgieter 1 493 Kirkwood, 1 November 1953 Hoërskool Kirkwood 27 Augustus 1977
De Wet Ras 2 488 Harrismith, 28 Januarie 1954 Hoërskool Harrismith 24 Julie 1976 3 Mei 1980
Jaco Reinach 4 542 Ceres, 1 Januarie 1962 Grey-kollege, Bloemfontein 10 Mei 1986 31 Mei 1986
Raymond Rhule 7 845 Akkra, 6 November 1992 HTS Louis Botha, Bloemfontein 10 Junie 2017 16 September 2017
Jan Schlebusch 2 472 Kroonstad, 5 Mei 1949 Afrikaans Hoër, Kroonstad (Rooiskool) 13 Julie 1974 28 Junie 1975
Hendro Scholtz 5 732 Bethlehem, 22 Maart 1979 Bethlehem Voortrekker Hoërskool 27 Julie 2002 24 Oktober 2003
Hanyani Shimange 9 761 Elim, 17 April 1978 Rondebosch Boys High 26 Junie 2004 10 Junie 2006
Nelie Smith 7 389 Bloemfontein, 8 Mei 1934 Hoërskool Sentraal, Bloemfontein 24 Augustus 1963 21 Augustus 1965
Juan Smith 70 746 Bloemfontein, 30 Julie 1981 Hoërskool Bloemfontein (JBM Hertzog) 7 Junie 2003 23 Augustus 2014
Franco Smith 9 643 Lichtenburg, 29 Julie 1972 Hoërskool Sand du Plessis, Bloemfontein 6 Desember 1997 7 Augustus 1999
Jackie Snyman 3 466 Johannesburg, 14 April 1948 Grey-kollege, Bloemfontein 22 Junie 1974 27 Julie 1974
Gerrie Sonnekus 3 473 Senekal, 1 Februarie 1953 Welkom-Gimnasium 13 Julie 1974 9 Junie 1984
Rampie Stander 5 479 Kaapstad, 25 Desember 1944 Hoërskool Vanderbijlpark 27 Julie 1974 18 September 1976
Gurthrö Steenkamp 53 764 Paarl, 12 Junie 1981 Paarl Hoër Jongenskool 27 November 2004 22 November 2014
Theunis Stofberg 21 489 Villiers, 6 Junie 1955 Grey-kollege, Bloemfontein 14 Augustus 1976 9 Junie 1984
Adriaan Strauss 66 800 Bloemfontein, 18 November 1985 Grey-kollege, Bloemfontein 19 Julie 2008 26 November 2016
Popeye Strydom 6 325 Kareedouw, 20 Januarie 1932 Grey-kollege, Bloemfontein 3 September 1955 26 Julie 1985
Johan Styger 7 566 Bloemfontein, 31 Januarie 1962 Grey-kollege, Bloemfontein 15 Augustus 1992 21 Augustus 1993
Werner Swanepoel 20 654 Bloemfontein, 15 April 1973 Grey-kollege, Bloemfontein 5 Julie 1997 26 Augustus 2000
CJ van der Linde 75 741 Welkom, 27 Augustus 1980 Grey-kollege, Bloemfontein 16 November 2002 17 November 2012
Pieter van Zyl 3 852 Pretoria, 14 September 1989 Grey-kollege, Bloemfontein 15 Junie 2013 26 November 2016
Sakkie van Zyl 4 410 Dealesville, 1 Julie 1932 Hoërskool Dealesville 31 Julie 1965 18 September 1965
André Venter 66 634 Vereeniging, 14 November 1970 Hoërskool Kroonstad (Blouskool) 17 Augustus 1996 1 Desember 2001
Brendan Venter 17 605 Johannesburg, 29 Desember 1969 Hoërskool Monument, Krugersdorp 4 Junie 1994 15 Oktober 1999
Francois Venter 7 877 Bloemfontein, 19 April 1991 Grey-kollege, Bloemfontein 12 November 2016 2 Desember 2017
Vleis Visagie 5 536 Nelspruit, 27 Junie 1959 Hoërskool Rob Ferreira, Witrivier 2 Junie 1984 26 Junie 1993
Basie Viviers 5 293 Pietersburg, 1 Maart 1927 Hoërskool Nylstroom 26 Mei 1956 1 September 1956
Leon Vogel 1 471 Aliwal-Noord, 22 Oktober 1959 Hoërskool Aliwal-Noord 22 Junie 1974
Harry Walker 4 311 Durban, 1 Julie 1928 Kearsney-kollege 19 September 1953 1 September 1956
Barry Wolmarans 1 495 Oudtshoorn, 22 Februarie 1953 Hoërskool Oudtshoorn 27 Augustus 1977

Vrystaatspelers wat vir ander internasionale spanne uitgedraf het in alfabetiese volgorde:[5]

Naam Jare vir Vrystaat Internasionale span
Skipper Badenhorst 2010–2011 Vlag van Namibië Namibië
Aranos Coetzee 2016– Vlag van Namibië Namibië
Ruben de Haas 2018–2020 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Nelio de Sa 1999 Vlag van Portugal Portugal
Reinhardt Fortuin 2020– Vlag van Nederland Nederland
Hendré Fourie 2003–2005 Vlag van Engeland Engeland
Jack Gage 1928–1934 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland
Michael Horak 1999–2000 Vlag van Engeland Engeland
Doug Jeffrey 1978–1980 Vlag van Namibië Namibië
Pieter Labuschagne 2011–2014 Vlag van Japan Japan
WP Nel 2009–2012 Vlag van Skotland Skotland
Syd Newman 1999–2000 Vlag van Engeland Engeland
Theo Oosthuizen 1986; 1990–1994 Vlag van Namibië Namibië
Richardt Strauss 2006–2009 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland
Torsten van Jaarsveld 2014 Vlag van Namibië Namibië
Corniel van Zyl 2005–2007 Vlag van Italië Italië
  • Att Horak (1 toets in 1938)
  • Max Baise (7 toetse tussen 1966 en 1974)
  • Steve Strydom (11 toetse tussen 1979 en 1986)
  • Gerrit Coetzer (1 toets in 1989)
  • Prof. Arrie Schoonwinkel (1 toets in 1997)
  • Jaco Peyper (12 toetse sedert 2011) [6]
  • Lourens van der Merwe

'n Onvolledige lys van sommige vorige Vrystaatkapteins.[7][8]

Nommer Naam Jaar (wedstryde) Klub
Gawie de Villiers 1999 (1) UV
103 Heinré Jacobs 2000 (1) UV
104 André van Niekerk 2000 (1) VS Technikon
105 Boela du Plooy 2000 (7), 2001 (19), 2002 (2)
2003 (6), 2004 (2), 2005 (2)
UV
106 Braam Els 2000 (11) Oud-Greys
107 Joe Beukes 2001 (3), 2002 (10), 2004 (11) Bloem Polisie
108 Tokkie Kasselman 2001 (1) Oud-Greys
109 Rassie Erasmus 2002 (10), 2003 (8), 2004 (16) Collegians
110 Os du Randt 2003 (1) VS Technikon
111 JP du Toit 2003 (1) UV
112 Ryno van der Merwe 2003 (9), 2005 (4) Oud-Greys
113 MJ Smith 2005 (3) Universiteit
114 Naka Drotské 2005 (13) UV
115 Willem de Waal 2005 (1)
116 Darron Nell 2006 (12) SUT
117 Chris Kruger 2006 (1) Collegians
118 Hendro Scholtz 2006 (6), 2007 (2), 2008 (8)
2009 (5), 2010 (2)
Bloem Polisie
119 Ollie le Roux 2006 (10) Oud-Greys
120 Flip van der Merwe 2007 (5) Universiteit
121 Bevin Fortuin 2007 (2), 2009 (6) Crusaders
122 Rory Duncan 2007 (15) SUT
123 Ashley Johnson 2008 (10), 2009 (1) SUT
124 Juan Smith 2008 (5), 2010 (4) Universiteit
125 Barend Pieterse 2008 (3) Bloem Polisie
126 Meyer Bosman 2009 (1) Universiteit
127 Adriaan Strauss 2009 (9), 2010 (10), 2011 (12)
2012 (2), 2013 (2)
Bloem Polisie
128 Nico Breedt 2009 (3) Oud-Greys
129 Barry Goodes 2010 (10) Oud-Greys
130 Eddie Fredericks 2011 (9) Crusaders
131 Andries Strauss 2011 (3) UV
132 Robert Ebersohn 2012 (10) UV
133 Boom Prinsloo 2013 (9) UV
134 Torsten van Jaarsveld 2014 (10)
135 Francois Uys 2015

Voorspelers

 

Voorspelers

Agterspelers

 

Agterspelers

Alle rekords gemeld geld vir die Vrystaatse Rugbyunie:[9]

  • Eerste Vrystaatse Springbok – Boetie McHardy
  • Eerste driekuns – Boetie McHardy (teen die Grens op 21 Julie 1911)
  • Eerste vierkuns – Boetie McHardy (teen die Grens op 7 Augustus 1914)
  • Meeste loopbaandrieë – Chris Badenhorst (136)
  • Meeste drieë in een wedstryd – Hermanus Potgieter (ses teen die Oos-Vrystaat op 31 Mei 1977)
  • Meeste punte in een wedstryd – Jannie de Beer (46 punte teen die Noord-Vrystaat in 1997)
  • Meeste drieë in een seisoen – Jan-Harm van Wyk (16 in die 1997 Curriebekerseisoen)
  • Meeste punte in een seisoen – Kennedy Tsimba (230 in die 2003 Curriebekerseisoen)
  • Meeste Curriebekerwedstryde – Helgard Müller (142 in 16 seisoene)
  • Meeste wedstryde in Vrystaatkleure – Helgard Müller (245 in 16 seisoene)
  1. "Toyota Cheetahs Bulletin 14 Mei 2013" (html). Besoek op 14 Mei 2013.[dooie skakel]
  2. "Toyota Vrystaat Cheetahs en Cardiff Blues in geskiedkundige wedstryd" (html) (in Engels). Vrystaatse Rugbyunie. 20 Julie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020. Besoek op 22 Julie 2012.
  3. "Toyota Cheetah Bulletin 15 Oktober 2013". fscheetahs.com. 15 Oktober 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 30 Oktober 2013. Besoek op 16 Oktober 2013.
  4. http://www.genslin.us/bokke/ProvinceData.aspx?ProvinceID=7 Besoek op 21 November 2009
  5. "Cheetahs Bulletin 39" (html). www.fscheetahs.co.za. 13 November 2012. Besoek op 13 November 2012.[dooie skakel]
  6. "Toyota Cheetah Bulletin 30 September 2013" (html). www.fscheetahs.co.za. 30 September 2013. Besoek op 1 Oktober 2013.[dooie skakel]
  7. "Toyota Cheetah Bulletin 6 Augustus 2013". www.fscheetahs.co.za. 6 Augustus 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 22 September 2013. Besoek op 6 Augustus 2013.
  8. van Rensburg, F.J. (2021) Cheetahland:  125 jaar van lief en leed.  1895-2020. Edited by Vrystaat Cheetahs. Senekal, Vrystaat: Oranje Print & Packaging.
  9. Van Rensburg, Frikkie (19 Junie 2012). "Cheetah Bulletin 17" (html) (in Engels). www.fscheetahs.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020. Besoek op 19 Junie 2012.